Tuesday, April 29, 2008
Didi was nie net lui nie, hy was 'n smertserige ding met toutjies hare wat onder sy pens uitgehang het. Niks in die wereld kon hom pla nie. Taffy se stert het heen en weer, heen en weer, ritmies geswaai.... Dit was doodstil, elke voeltjie wat wou klets het geweet hier is iets aan die kom... Taffy het vooroor geleun, stert nou stokstyf, sy het van die paal afgeskiet soos 'n pyl uit 'n boog en sy het vir arme ou Didi gepak, hy het hom morsdood geskrik en op sy kennebak geval en terwyl jy net stof en stert en hond en stof en stert en kat sien, het Toedels en Sirikit besluit om ook in te spring. Hulle het onaardse binnemond, binnemaag geluide gemaak en uiteindelik het die smertserige lui dier, weggehardloop, stert tussen die bene en nerwe op sy kirkdroe propneus.
Monday, April 14, 2008
Goed,kom ons gaan nou uiteindelik terug na ou Jantjie toe!! Ek voel beter so ek kan weer dink en dus die storie verder vertel... Jantjie aka Didi het lui-lui sy slap wol lyf op forseer en slapgat die inry uitgestap. Taffy het op die hek se paal gesit, Toedels, wat heeltemal herstel hat na die buurman se hond hom gebyt het, het saam met sy ma, die mamma's boy wat hy is; in die gras na gytjies en goggatjies gesoek. Didi het niks gesien of gehoor nie en het beslis nie geweet wat volgende kom nie!
Thursday, April 10, 2008
Monday, April 7, 2008
Jantjie aka Didi was 'n rooi-bruin Irish terrier. Hy het lang bene gehad soos 'n foxie, kraal ogies en 'n pikswart propneus. Hy het het 'n baard gehad soos enige terrier en was 'n lui dier wat net gele en gevreet het, tot die katte hom beetgekry het. Sirikit was die oudste - ma van die nasie in ons huis. Haar seuntjie Toedels was 'n 'mamas boy' en Taffy wat eintlik 'n mannetjie moes gewees het was 'n regte 'rebel'. Elke hond in die buurt het deurgeloop - tot die rotweiller langsaan. Natuurlik moes ons 'mamas boy' veearts toe vat want hy het nie net die hond gebyt nie, die hond het hom ook gebyt!
Hy was gou weer op die been, en so slim soos wat hy was, het hy gemaak asof die pyn ondraaglik was, as hy 'n mens gewaar het. Hy het sy kos langtand gevreet asof dit die laaste keer sou wees wat hy sou eet!
Hy was gou weer op die been, en so slim soos wat hy was, het hy gemaak asof die pyn ondraaglik was, as hy 'n mens gewaar het. Hy het sy kos langtand gevreet asof dit die laaste keer sou wees wat hy sou eet!
Sunday, April 6, 2008
Jantjie kom huis toe...
In ons huis was arme ou Jantjie altyd die 'underdog'. Die 3 siamese het gereeld vir hom ore aangesit en hy het maar gesorg dat hy uit die pad uit bly. Die 3 siamese het vir almal ore aangesit, tot ons ou cafe kat LamLam wat ons by die DBV gered het moes gereeld deurloop. Die siamese het koning gekraai in ons huis. Geen dier is slimmer as 'n kat nie en geen kat was slimmer as LamLam nie...
Subscribe to:
Posts (Atom)