Friday, May 23, 2008

Didi aka Jantjie se 'recovery'

Noem dit nou maar rehab as jy wil, maar ou Didi het vir dae aaneen sy wonde gelek en gelek en gelek, en ons het hom nie met 'n oog gesien nie! So snoep soos wat hy was het hy hom nie veel aan enige kos gesteur nie, en my ma was eintlik bekommerd. Sy het al beging praat van veearts toe. Hy het die katte soos die pes vermy of jy kan eerder se hy was so bang vir hulle soos die Amerikaners vir voelgriep!